3 Bedroom farm for sale in Vleesbaai Rural
-
3
-
3
-
Web Ref: 1095167
Property Features
Interior Features
Exterior Features
Goede Hoop 80 ha groot (gedeelte 9 van Plaas 256), Vleesbaai
Veelsydige plaas wat baie moontlikhede inhou soos visboerdery, perde boerdery, toerisme, en gerieflik geleë en maklik toeganklik. Grens aan die bekende Gouritsrivier. Entrepreneur se droom! Die area is ook bekend vir produksie van Koring, Gars, Hawer en Kanola asook wolskape.
Omdat die plaas aan die Gouritsrivier grens is dit ideaal om met kabeljoue te boer. Die toerusting daarvoor is beskikbaar en ingesluit by die prys. Daar is toegang op die plaas om selfs 'n bootjie op die Gouritsrivier te lanseer. 'n Permit is aan die eienaar uitgereik en kan saam met die grond oorgedra word.
Die plaas beslaan 80ha wat verdeel is in vier kampe met veesuipings toegerus. Gemiddelde reënval is ongeveer 400mm. Daar is geen indringer plante/bome op die plaas nie.
Eskom krag is beskikbaar.
Nuwe kampheinings is onlangs opgerig.
Daar is ‘n windkrag ooreenkoms vir 48 turbines waarvan 6 op die plaas sal wees.
Die plaas is ook geskik vir ‘n visboerdery. Goedkeuring reeds by Dr. Fouche van Visserye ontvang.
Water opgaartenks vir tuinmaak is ook gerestoureer. Die huis is toegerus met eie rioolstelsel.
Location
Contact the agent
Bond repayment calculator
Monthly repayments will be calculating…
*based on purchase price at Prime over 20 years
Ready to sell?
Our goal is to sell your property at the right price and in the shortest possible time.