3 Slaapkamer/ 5 Motorhuis Meenthuis. |
Hierdie eenheid se hoofslaapkamer is baie ruim met 'n en-suite badkamer. Al 3 kamers het voldoende ingeboude kaste. In die hoofslaapkamer is 'n lugversorger.
Slaapkamers word saans met 'n sekuriteitshek van die woondeel afgesluit.
Die sit/woonkamer is ruim en die eetkamer vorm deel van die groot ruimte.
Kombuis is baie prakties en toegerus met duursame houtkassies. Elektriese stoof en ook 'n gasstoof, maar die koppeling kort net herstel te word. Watertenk en drukpomp ook in plek. By die kombuisdeur uit stap jy in 'n stoep wat met glas skuifvensters toegemaak is.
'n Groot pluspunt is die baie privaat tuin, lapa en geplaveide area agter die huis. In die lapa is 'n ingeboude braaiplek.
Die motorhuis - 5 motors onder dak en agter slot en grendel. Genoeg plek vir die karavaan, sleepwaentjie, masjienerie ens. ens.
Toegangsbeheer en 'n sekuriteits heining is in plek en dit verseker goeie sekuriteit.
Hierdie is 'n dringende verkoop! Kontak my vir 'n besoek en maak jou beste offer.
ERF Size 468 m² Building Size 254m² Rates R1,800 per month Home Owner Levies R85
|
|
Roelof Burger
c. 0825664805
roelof.burger@rawson.co.za
Albert Viljoen
c. 0834114741
albert.viljoen@rawson.co.za
|