Kranspoort
R220,000 Web Ref 1102027
PROPERTY FEATURES
Views
Pragtige erf in Soetdoorn.
'n Pragtige gelyke stukkie grond in die hart van die bosveld is nou beskikbaar. Die erf is in 'n bekende singel met n lieflike uitsig. Die aansluiting by die hoofpad is naby. Die prys is baie kompeterend en grondwerke is minimaal. Kranspoort is 'n familie-vriendelike dorp, slegs 45 km vanaf Middelburg en 'n klipgooi van Loskop Dam. Die eiendom is geleë op 'n Eco Wild Life Estate. Natuur en diere is deel van jou dag tot dag lewe. Vir die visserman is daar lieflike fasiliteite, vir die golfer is daar 'n 9-putjie golfbaan. Gedurende enige van hierdie aktiwiteite word jy omring deur n vlei, berge, bome en rustigheid. Kom en geniet die natuur, vryheid en waardeer 'n boeretroos gedurende die sonopkoms. Skakel my vandag om die erf te besigtig.

ERF Size 1,200 m²
Rates R350 per month
Home Owner Levies R1,200
Christelle Coetzer christelle.coetzer@rawson.co.za
Christelle Coetzer
c. 072 317 9749