EIENDOM IN MELKBOSSTRAND – Plaashuis in Melkbos |
Moenie hierdie ongelooflike geleentheid mis nie. Hierdie pragtige woning was gelief en gekoester deur dieselfde familie sedert 1985. Dit is nou jou geleentheid om hierdie oulike huis joune te maak en jou eie stempel daarop te sit.
Die eiendom besit drie aaneengeskakelde ontvangskamers. Die eetkamer het ‘n lieflike groot vuurherd wat afgerond is met ‘n stuk “sleeper” hout. Die formele sitkamer het ‘n oulike erker venster wat Noord front & heerlike son inlaat.
Lig en helder is ‘n paar sleutelwoorde om hierdie pragtige en praktiese kombuis te beskryf. Regte plaas atmosfeer. Dit bied aan ‘n los Bosch gas stoof, ‘n pragtige Oregon denne kombuiskas asook ‘n aparte waskamer.
Die eiendom se akkommodasie bestaan uit drie slaapkamers en drie badkamers. Die hoofslaapkamer het ‘n en-suite badkamer.
Die groot onderdak buite braai area is heerlik vir kuier geleenthede met goeie vriende en familie. Dit is totaal en al beskut van die Suid Ooster wind asook die reën. Die Wendy huis is ideaal vir ekstra stoorplek.
Hierdie oulike huisie by die see is super netjies- Jy kan net intrek. ‘n Paar bykomende kenmerke van die bekoorlike huis is die broekie kant by die voorstoep asook die hout kothuis vensters.
‘n Dubbel motorhuis & ‘n dubbel motor afdak verskaf voldoende parkeerplek.
Hierdie eiendom is gelee op ‘n hoek erf, dus het jy net twee bure. Wat ‘n plesier! Sterk putwater vir die tuin is ‘n groot bonus!
Hierdie eiendom is letterlik ‘n klipgooi van die strand – Wat ‘n bederf en voorreg om so naby aan die see te kan woon!
ERF Size 608 m² Rates R1,029 per month
|
|
Inge Loesch
c. 083 658 0604
inge.loesch@rawson.co.za
Cindy Jonker
c. 083 651 8417
cindy.jonker@rawson.co.za
|